Dit is ook maar goed dat die gewone, normale mens op straat nie rêrig weet hoe sleg dit in ons Education gaan nie!!!
NAC en Air Namibia, wanneer word die Keetmanshoop lughawe opgradeer en wanneer gaan jul dit op jul plaaslike en streeksroetes sit?
Graag wil ek my opregte dank uitspreek aan ’n pragtige, behulpsame dame van die NaTIS-kantoor op Lüderitz. Monaliza, jy is ’n ster en so vriendelik. Ek sal enige werknemer van alle NaTIS-kantore vra om by jou te gaan leer wat kliëntediens is. Jy is ’n top, top vroukie!!! - Groete uit Rosh Pinah
Die (beweerde) Kransneus-aanvaller is alweer besig om mense te dreig en treiter; sweis hekke toe sodat die mense nie by hulle eiendom kan kom nie. Die dame van 57 jaar en helpers moes alweer vlug. Hulle was op Groot Aub by die polisie, dié is baie onbehulpsaam en sukkel om die saak te open en ondersoek. Die voorval is nog ver van opgelos. Die wettige eienaars kan nog nie op hulle persele kom nie. Nampol op Groot Aub is totaal onbevoeg om die saak te hanteer. Een polisieman lag die dames uit as hulle ’n klag wil lê oor die voorval van Donderdagmiddag waarin ses mense weer moes vlug. Die dame bly al ’n week in Windhoek omdat sy vrees vir haar lewe. Ek verstaan nie dat daar niks gedoen kan word nie, of moet ek vra “hoeveel geld” is onder deur die tafel? Ek doen ’n beroep op die regstelsel van ons land om in te gryp en die vrouens te beskerm.
Stem saam met leser van 7 Junie. Viktimisering is by Windhoek munisipaliteit ook. Nou vra jy hoekom. Maar God doen sy werk op sy tyd. Julle sal sien.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie