Ek sit en kyk na die koerant van die 20ste van die Chinese wat die bome daar bo in die Noorde so afsaag en wegdra en ons mense kry amper niks vir dit. Dis al die jare beskerm en opgepas, maar nou word dit vernietig en as daar niks oor is nie, dan begin hulle met iets ander wegdra. Ons regering kan en sal niks daaraan doen nie . As die hele land se mooi weg is, wonder ek. Ek hoop hulle oë kan begin oopgaan dat ons nie ook die pad stap van ander Afrikalande nie.
Ek wil graag weet, ná ons as inwoners van Grootfontein in die koerant gelees het dat die huidige waarnemende uitvoerende hoof, mnr. Arnold Ameb, glo 'n junior is, hoekom word daar niks aan die situasie gedoen nie? Of is dit omdat hy familie is van die president? Elke naweek sukkel ons met waterprobleme, want die sogenaamde seniors in beheer is onbevoeg om die werk te doen. Minister van stedelike en landelike ontwikkeling, ons dring aan dat u ingryp voordat dit te laat is. Antikorrupsie, kom en kom ondersoek asb. Grootfontein-munisipaliteit en die raadslede sodat reg en geregtigheid kan geskied.
Ettebab: die korrekte naam van die eiland in die Noordsee is Helgoland en nie Heligoland nie. (Beide spellings word erken. - Redakteur)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie