WhatsApp 7 Mei 2021
In reaksie op die artikel “Pension peril” wat op 24 Maart 2021 in Business 7 verskyn het: Indien die regering fondsbestuurders gaan dwing om 'n groter deel van pensioene in die regering se skuldinstrumente te "belê", voorspel dit niks goed nie. Is dit wat Geingob bedoel het met sy onlangse stelling dat mense wat oor die afgelope 30 jaar rykdom bymekaargemaak het dit nou moet deel? Dit moet met alle mag beveg word. Die staatskas is leeg geplunder en nou moet hardverdiende spaargeld vir die comrades se soustrein ingepalm word. Ons almal weet hoe lyk die instrumente van die staat: duur, wit olifante sonder opbrengs. Meer dikwels bodemlose putte wat die staat se begrotingstekort tot N$14 miljard gedryf het.
In die botsing tussen twee voertuie op Woensdagaand (5 Mei) by die T-aansluiting van Gammamsweg en Goshawkstraat (langs die Windhoekse begraafplaas) was net een van die twee bestuurders oënskynlik lig beseer. Maar dit het behoorlik soos 'n groot gedoente gelyk. Afgesien van twee polisievoertuie (blou ligte) toe ek daar stilhou, het ek een insleepvoertuig sien wegry, terwyl nog agt insleepvoertuie met flikkerende geel ligte op die toneel was. Ek wonder wat die rekord vir die meeste is?
Baie lekker sonder NBC. Hoop hulle staking duur onbepaald voort. Is eintlik soos ‘n lam oosweervlieg, net lastig en in die pad.
Kan ons asb. ‘n beroep doen op winkels in Otjiwarongo, aangesien Covid-19-gevalle styg in die dorp: sanitizer doekies by deure. Ons wil nie almal aan ’n spuitbottel vat waaraan almal moet vat om te spuit vir nie. En trollies moet asb. skoongemaak word by handvatsels. En nie almal het maskers op nie. Dis al wat help. Asb. Help in die geval.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie