Die werkers van CoW verdien hopeloos te veel geld. Dit blyk hulle pas hul salarisse by hul lewensstandaard aan. En die gewone werkers betaal min en kry swaar. Stop dit asb. Dan kry die werkers met posisies nog motortoelae. Nee, dis te erg. Die gewone man op straat word nog armer. Etse, dit kan nie so aangaan nie. Geen verhogings vir die volgende drie jaar nie asb.
Kan die ministerie van arbeid asseblief aandag skenk aan die bestuurders van (naam verstrek). Die nuwe eienaars laat hulle werkers ongewone lang ure vir lae lone werk. Hulle kry nie betaalstrokies, behoorlike oortyd of sosiale sekerheid of die normale Sondag-oortyd nie. Dit is afpersing. Wanneer het dit goed geword om jou werknemers te vertel as hulle nie wil werk vir wat jy hulle aanbied nie, kan hulle jou diens verlaat? Wanneer het ons die Chinese mense soveel vryheid gegee? Dis onaanvaarbaar. Dit is ons mense en as hulle wil handel dryf, moet hulle die arbeidswette gehoorsaam. Asseblief.
Aan die begin van God se skepping het hy alles goed en mooi gemaak en Hy was tevrede daarmee. Toe het Hy die mense geskape en opdrag gegee: Bewoon bewerk en versorg dit. Hoe hartseer moet God nie wees as Hy afkyk op Outjo om te sien hoe bemors ons dit wat Hy goed en mooi gemaak het nie. Wat van Sy opdrag aan ons?
Net 'n paar jaar gelede was Outjo een van die finaliste op kykNET se Kwêla Dorp van die Jaar. Vandag is ons paaie vol gate, bome vrek in die hoofstraat en die krag is af as dit kom reën. Ons dorp is vuil en “Droom vir Outjo” lankal vergeet.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie