WhatsApp 6 April 2021
Nou met die nuwe stadsraad in Windhoek kan julle nie asb. na die pensioenarisse kyk nie? Asb., verminder die basic charges van daai lang lys wat elke maand op ons rekeninge wys. Die verbruik van krag en water kan 'n mens self reguleer. En ook net vir die huis waar die pensioenaris in bly. Nou met hierdie slegte ekonomie sal daar meer en meer pensioenarisse nie meer 'n huis in Windhoek kan bekostig nie. Swakopmund en Walvisbaai doen dit al vir jare.
Nuusblad 31/3/21. Wat ‘n opperste skande dat ‘n konstabel, ene Michael Murongo, nogal verbonde aan die misdaadvoorkomingseenheid op Otijwarongo, gevang word vir beweerde renosterstropery. Hoop hy word summier uit sy pos verwyder saam met ander van Oshanastreek. Hul het geen gevoel vir diere nie. As jy skelm is, is jy skelm.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie