Hierdie het met vriende gebeur. “Gister (21 Mei) voor Henties by 'n padblokkade aangekom – hulle was seker 20. Polisie en army. Voor ons ruk hulle 'n jong outjie se alle deure oop en wys ons kan ry. Net toe ons by Henties wil indraai, is dit net sirenes en polisie – wie het gesê ons moet ry? Ons moet teruggaan padblokkade toe. Hulle het ons soos honde behandel en gedreig dat ons 2 ure daar sal sit! Ons obey hulle orders. 'Get on the truck – open your coolbox.' Hulle het ons teen 'n skuinste laat stop. Ons kan amper nie uitklim nie. Hulle kyk na ander karre – ons staan. Later wys een met sy fingers go. Ek trek hardegat en sê jy wys nie vir my nie – jy sê vir my. My man soebat net ek moet stilbly. Hier in Henties as jy glo nie jou masker op het nie moet jy hardloop. Ons was so ontsteld.”
Kan iemand my uithelp op state of account – Inland Revenue Ministry of Finance wat sê ek skuld 390,84. By totaal is 22,76 en 30 dae 0,00, 60 dae 2,50 en 90 dae 5,15, 120 dae 4,98, 150 dae 5,15 en 180+ dae 4,98. Kan iemand asseblief vir my uithelp, want ek verstaan dit net nie.
Namibië is skatryk, maar die inwoners is arm. Dit hoort nie so nie. Ons kan en moet verander. Gee bietjie vir almal. Ons drie miljoen verdien ietsie elke maand, bloot omdat ons bestaan, sê ek. Miskien 'n basiese inkomste toelaag? Nou hoekom klink die idee dan so bekend? Doen dit net!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie