WhatsApp
WhatsApp

WhatsApp

Dani Booysen
Asseblief, asseblief, asseblief. Met geen nuwe Covid-19-gevalle, laat die skole tog net op 3 Junie vir almal oopmaak. Daar is baie ouers wat met hulle hande in die hare sit met kleiner kinders wat nie alleen by die huise kan bly nie omdat beide ouers werk. Geld vir ander sorg is daar ook nie, want salarisse is verminder en skoolgeld moet nog steeds betaal word. Luister asseblief na waarvoor die ouers pleit. Trek hulle skoene aan (figuurlik gesproke). Dankie. – Genade­bedelaar van Whk



Corana – het dit nou 'n maatstaf geword vir supermarkte om pryse die hoogte in te laat skiet? Hulle sal eerder pryse opsit as om sogenaamde "ou" voorraad goedkoper te maak. Kyk by vullisstortingsterreine wat word weggegooi. Helo die nasie! Maar nee – net 'n sekere paar trek voordeel uit die inperking. Voorbeeld: 6 x 2 liter long life melk was voor inperking N$79,00 – nou N$95,00. Hoe so!? Niemand kan van N$750 lewe, maar pryse bly opgaan. Pateties.



MTC bekommerd oor die toekenning van 'n kommunikasielisensie. Hulle moet eerder hulle bekommer oor die swak diens in die Noorde, veral Grootfontein.



Daar is pakkies deur die Elektrisiteitbeheerraad aan Hardapstreek geskenk, waarvan 75 pakkies vir Rehoboth-Oos-kiesafdeling sal gaan. My vraag is hoe sal die 75 pakkies verdeel word? Weer net vir vriende en familie. Genoeg is genoeg. – Rehoboth-Oos



Enkelouers, kom ons staan saam en handig ons klagtes in oor die onderhoudsake waaraan niks gedoen word nie. Van Rehoboth.

Kommentaar

Republikein 2025-05-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer