Aan alle vroue en mans in Namibië, getroud of ongetroud. Hou op aanteel soos konyne as julle nie vir julle kinders kan sorg nie. As jy nie kos op die tafel kan sit nie, dan moet jy nie kinders hê nie. Dit is nie die oumas of oupas se plig om vir jul kinders te sorg nie. Ek is siek en sat om te hoor van kinders wat verwaarloos en op straat is. Julle as ouers is selfsugtig en bevredig net jul eie wellus. As julle nie selfbeheersing aan die dag kan lê nie, drink voorbehoedpille (gratis beskikbaar) of gebruik kondome. Hou ook op skuil agter die geykte verskoning van "dit is in ons kultuur om baie kinders te hê". En hou op drink. Ek is nou goed vol vir al die verwaarloosde kindertjies, danksy ouers wat nie hul verstand kan gebruik nie. Sela.
Vra net raad. Ek het 'n seun in Ojiwarongo. Hy is 3 Januarie 2001 gebore en nou 18 jaar en 6 maande oud. Ek sorg hom nog. Die geld word by die Magistrate Court betaal en die 400 dolla word afgetrek van my payment slip. Toe soek die vrou 600 dolla. Ek vra of die seun skool gaan en 'n bewys, toe word sy kwaad. Op 21 Junie 2019 op 'n Vrydag 12:35 het die rowwe polisiemagte by my werk my kom vang. Ek sorg kamma nie die kind nie. Dieselfde dag vat die polisie my na Katutura Magistrate Court. Om 14:00 verskyn ek voor die hof en hulle gee my 1 000 dolla se borg. Ek was by Otjomuise polisiestasie vir twee dae en Saterdag om 17:56 het my suster en my vroutjie die borg betaal. Het iemand vir my hulp?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie