WhatsApp 5 Oktober 2021
WhatsApp 5 Oktober 2021

WhatsApp 5 Oktober 2021

Dani Booysen
Meer as miljard bestee aan Covid. Alles was darem nie net vir dit. Hospitale is bietjie verbeter, verblyf vir personeel is verbeter en ablusiegeriewe ens. Ding wat lankal gedoen moes word. Daai miljard is minder as wat jaarliks vermors en gesteel word deur korrupsie en bedrog. Daar was darem bietjie werkskepping ook betrokke. Opleiding van hospitaalpersoneel het ook gebaat. PPE's is in elk geval nodig gewees by hospitale. Wasseep ook. Op die oog af lyk dit of die regering ook bietjie wakker geruk is oor als wat besig is om te vergaan. Hoop maar hul doen nou iets aan opknapping. Net jammer so baie mense moes hul lewens opoffer om die aandag van die regering te kry.

Op 4/10/2021 voorbladnuus oor die miljard wat bestee is op Covid. Wonder waar is al die geld/skenkings wat ontvang is?

Kommentaar

Republikein 2026-03-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer