WhatsApp 5 November 2020
WhatsApp 5 November 2020

WhatsApp 5 November 2020

Dani Booysen
Mnr. Dirk Mudge was die man met die goue hart. Ek soek na iemand soos daai man, maar ek kon nie kry wat ek by hom gevind het nie. Ek het op die vroeë ouderdom van 14 jaar aan Dirk Mudge ‘n brief geskrywe wat ek tot vandag toe nie kan uitmaak wat ek presies aan hom geskryf het wat sy hart gewen het nie. Hy het tot sy laaste asem gesê dat ek aan hom ‘n goeie brief geskrywe het. Dirk Mudge het my nooit gesien gehad het nie alhoewel my oorlede pa Fritz vir hom baie jare gewerk het, maar in die politieke tyd het hy min na sy plase gekom, naamlik Lazy Spade, Langelee en Ovigere. Toe ek in daardie brief sê dat ek Fritz se seun is en met die probleem van skoolfonds sit, het daardie man, Dirk Mudge, my as peetseun aangeneem sonder dat hy my gesien het en nog daarby sonder om baie vrae te vra. Ek was altyd naby Hom tot sy laaste asem. My pa, Dirk Mudge, rus in vrede. Van Sagarias.

Van wanneer af mag ‘n ontvangsdame van ‘n koeriermaatskapy sommer ‘n pakkie wat ‘n mens ingee vir versending gryp en oopskeur om te sien wat daarin is? Ek het ‘n commercial invoice by dit gehad om te sê wat daarin is.

Kommentaar

Republikein 2026-06-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer