WhatsApp 4 September 2020
WhatsApp 4 September 2020

WhatsApp 4 September 2020

Dani Booysen
Dankie Republikein vir dié storie. Dis die tipe stories wat ons op die voorblad soek in dié donker tye. Dis opbeurend. Dankie aan elke persoon wat vir meneer Mupasu en andere te hulp snel.

As die Namibiese polisie kon doen wat hulle tans doen met die sogenaamde Covid-19-regulasies, dan was dinge anders wat misdaad betref, maar gewoonlik hoor ons net daar is nie voertuie nie, daar is nie mannekrag nie, noem dit maar op. Gewoonlik skitter hulle in hul afwesigheid. Die enigste tyd wat hulle sigbaar is, is as hulle gewone landsburgers aanrand en verneder en straatverkopers rondsleep en hulle voorraad afneem, maar met dié sogenaamde regulasies is hulle orals. Selfs in jou droom.

Ek is ‘n senior burger en wonder wat het toe van die N$50 verhoging geword. Kry ons dit nog of kry ons dit nie meer nie? Dalk moet hulle die persone wat in die kabinet is se salarisse ook ‘n bietjie minder maak. Dat hulle ook kan voel hoe dit is om met so min geld deur te kom elke maand. – T L R

Kommentaar

Republikein 2025-05-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer