WhatsApp 4 Augustus 2020
WhatsApp 4 Augustus 2020

WhatsApp 4 Augustus 2020

Dani Booysen
“Ons kan nie toelaat dat ons mense in sulke omstandighede leef nie. Ons betreur die lewensverlies,” het Geingob Maandag na die afsluiting van Swapo se introspeksieberaad gesê, na 'n verwoestende brand in 'n informele woonbuurt in Walvisbaai. Rêrig, president Geingob? Vir 30 lange jare het ons doodgewone Namibiërs onder sulke omstandighede gelewe, reg onder jul (elite) vetkatte se oë, maar dit het niemand gepla nie. Hoekom sal julle nou eers iets aan die omstandighede van die man en vrou op voetsoolvlak doen? Probeer maar weer, ons weet die verkiesing vir plaaslike owerhede is om die draai. Mense is op vir Swapo se lieg en bedrieg. Moet hulle weer vir die volgende 30 jaar ’n rat voor die oë gedraai word? Hou aan met jul dagdrome.

Covid-19 eis lewens, mense verloor werk, mense kry honger en hier is Fransiena Kahungu besig om van drastiese stappe te praat wat Cow sal neem om skuld in te vorder van die inwoners. Dié sogenaamde leiers is heel uit voeling met die gewone samelewing, omdat hulle ryk en gemaklike lewens lei. Ek hoop en bid julle trek eendag dieselfde skoen aan. Kom uit jul droomwêreld, en soek 'n wen-wen reëling wat almal sal bevoordeel. Dis rêrig tyd vir werklike leiers vir Namibië.

Hon. Albert Kawana, Minister of Fisheries and Marine Resources, we are anxiously awaiting the publication of the new fishing rights holders, as per the relevation of H. E. The President Dr. Hage Geingob.

It will serve as a test to prove whether there is any transparency and real democracy. I think the proposed new strategic reforms and transformations have nothing to do with the announcement and publication of the new fishing rights.

We are waiting for this since 31 December 2018, as was initially promised. You all were in the Parliament when Esau and Shanghala made those roguish amendments to the Fisheries Act of which the majority of you have benefited. As far as I have understood the allocation process has been finalized, so what are you waiting for? Is it again for the upcoming regional and local authority elections?

Kommentaar

Republikein 2026-07-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer