Baie dankie aan Gondwana se Namib Desert Lodge vir 'n onvergeetlike Onafhanklikheidsnaweek. Ons was tuis in die nuwe "Camping 2 Go"-kamp. 'n Luukse, volledig toegeruste safaritentkamp. Baie luuks met die mooiste woestynlandskap en natuurlewe. Die personeel was baie vriendelik en hulpvaardig en vele lodges kan by julle kom leer. Hou so vol. - T.P. Prinsloo
Ek is 'n baie ontevrede Namibiër. Wat ek nie verstaan, is hoekom kan die dief nie opgesluit word wat so by huise inbreek nie. Waarom moet die polisie die vrae wat die hof moet vra vir jou vra wanneer jy 'n saak gaan maak en so word die dief maar telkemale uitgelaat en so is hy nou die skrikbewind van die jare 80 waarvoor ons in die Suide die ou met die naam Nadiep gehad het. Die regering, 'n pleidooi asb. Sit vir Khomasdal se dief asb. in die gevangenis en dat ons asb. ons CR-nommer vir julle bring. Dan gaan u sien wat is besig om te gebeur. Asb., ek pleit.
Ek wou net sekerheid hê. Is dit dan nie 'n mediese wet dat onder geen omstandighede mag jy as voorwinkeldame of -heer nie agter die apteker se toonbank waar die voorgeskrewe medikasie is medisyne afhaal nie? As jy gedwing word, hoe maak 'n mens?
Asb., die kleedkamers van ons internasionale lughawe is absoluut septies vuil. Dis ons trots. Daar ontvang ons mense van oor die wêreld en die toilette lyk absoluut skandelik vuil. Maak asb. 'n plan daar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie