WhatsApp 31 Mei 2021
My hart breek oor elke gestroopte en verminkte renoster. Ek sal nooit ooit kan verstaan hoe ‘n mens so ‘n gruweldaad kan pleeg nie. Almal trek swaar, maar waarom ‘n pragdier vermink, martel en doodmaak vir ‘n paar dollar? Stropers moenie slegs gearresteer word nie. Hulle verdien die doodstraf.
Dalk ‘n mal versoek - maar weet nie meer wat te doen nie. Ek was ‘n toergids vir 22 jaar tot die gogga alles kom omkrap het. Ek het ‘n versoek; ek het ‘n kode CE met PDP-lisensie en is baie dringend op soek na werk. Ken Namibië soos di epalm van my hand, ook Botswana en Zimbabwe, Suid-Afrika die wynroete tot in Kaapstad. Sal dit ten diepste waardeer as julle dit sal plaas, en iemand daar buite kan help – diep groot asb. Dankie. – 081 641 4454
Wonder hoekom het hoender nou weer so duur geword? N$70 en op vir ‘n 1,5 kg pak. En dan kry jy die swakste stukke daarin. Net droë hoender, 1 of 2 boudjies as jy lucky is en 1 dy en die res net droë stukke. Dan is dit nou ons eie produkte. Die mense dink mos niks van ons nie. Geen wonder mense koop eerder ander lande se hoender. – Wd’hoeker.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie