WhatsApp 30 Julie 2020
WhatsApp 30 Julie 2020

WhatsApp 30 Julie 2020

Dani Booysen
Ek verstaan nou nie. Daar is tussen 60% en 70% van Windhoek se werkers wat tussen Windhoek, Rehoboth en Okahandja pendel wat sê dat as die mense nie werk toe kan gaan nie is daar 'n probleem. Openbare vervoer kan steeds nie soos normaal aangaan nie. Mense is finansieel uitgeput. Bussie-eienaars kan nie byhou nie, maar klubs is oop; dronk mense kom en gaan. Wanneer gaan mense se oë oopgaan en wanneer gaan ons opstaan teen die gemors. 30 jaar en alles gaan agteruit. – Anthony

Checkpoint Charlie . . . Om die mooi van ons land te aanskou, is nie vir almal beskore nie, soos wanneer jy ‘n professionele vragverskuiwingsdeskundige is. Dan praat ek mos nou ‘n anner taal, of hoe!? Hou die gras uit die grill uit en die rubber oppi teer. Jou baas het ‘n lorrie met ‘n bed vi jou gegee om jou krom rug reguit te maak en vir jou sexy tone te koekeloer. Slaap het nog niemand doodgemaak nie. Of anders laai jy die vrag teen die pad af. Dan het jy ‘n groot kopseer wat erger as ‘n babalas voel. Of jy breek ‘n spieël want die lorrie lê oppi spieël. Klaasvakie hettie ‘n lorrie gehad nie. – Mogamat Salie Saban

Kommentaar

Republikein 2026-07-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer