WhatsApp 3 Junie 2021
WhatsApp 3 Junie 2021

WhatsApp 3 Junie 2021

Dani Booysen
Waar is die sogenaamde "mighty" Swapo wat vir ons die afgelope 31 jaar voorgehou was? Is hulle nou ook magtig genoeg om die gemors in die land reg te ruk?

Ja, hulle is "mighty" wanneer hulle lieg, bedrieg en besteel. Hoekom druk hulle nie nou op hulle bors, en sê die "mighty" Swapo sal alles onder beheer bring nie?

Die hele land is in totale chaos gedompel, en dan hou hulle daarvan om alles te ontken. Julle sistematiese rassisme en stamgebondenheid het alles op die vlak gebring waar ons onsself vandag bevind. Net dieselfde "tribe" in hoë besluitnemende posisies, sonder enige meriete in baie gevalle, van noord na suid, na wes tot in die ooste.

Wil julle vir ons sê daar is nie mense van daai streke wat gekwalifiseerd en opgewasse is om dieselfde werk te doen wat die "comrades" uit die 4 O-streke moet orals kamma gaan doen nie? Ons is lankal nie meer blind nie.

Die One Namibia, One Nation weet ons al die jare was net 'n klug. Wat' n gemors. Net die Almagtige Vader sal ons kan red uit die Farao se ysterkloue.

Kommentaar

Republikein 2026-05-13

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer