WhatsApp 28 Augustus 2020
WhatsApp 28 Augustus 2020

WhatsApp 28 Augustus 2020

Dani Booysen
Hy was nie net 'n bok vir sports nie. Hy was die voorbok. Ongeag al sy prestasies, altyd nederig, op sy plek, en voete plat op die grond. Altyd reg vir 'n grap al was dit ten koste van homself. Vandag is dit Heldedag. My klasmaat, my, en baie ander se held. Vandag het die Here jou kom haal. RIV Japie van Zyl. – Dreyer du Plessis

Kyk wat skryf Louis Leipoldt, toe hoof van skole se mediese dienste in Transvaal oor die sluiting van skole tydens die 1918 griepepidemie: “’My view has always been’, skryf hy in die Mediese Tydskrif van Suid-Afrika van Desember 1918, ‘that school closure prevents proper supervision at a time of epidemic outbreak, and, consequently, inflicts greater suffering on the child population than in the interests of the public health is eiter necessary or desirable. The experience of this epidemic has amply confirmed that view, for when the schools were closed, it became much more difficult to locate patients, to visit them promptly, and to deal with them in areas instead of as individuals . . . Keeping open schools in Pretoria gave us this great advantage that we were able to see children in the incubation stage of the disease, and to take effective measures, so far as it was possible to do so, against secondary infection.’”



Kan Denver asb. die volgende vra vir die president by die volgende perskonferensie oor Covid, of jul kan dit op die voorblad sit. Daar is soveel besighede wat salarisse drasties moes verlaag het. Hoekom het die staat nog nie salarisverlagings gehad nie? Daar is soveel besighede wat maatreëls implementeer om kliënte te help. Hoekom het die munisipaliteite/NamPower en ander nog nie so iets gedoen nie? Dankie vir 'n puik koerant!

Nuusblad 19/20. Geel kameras wit olifant! Altyd gewonder waaroor gaan die pale met kameras. Nou is dit skoknuus om te lees dis nie in gebruik nie, en wat die koste daarvan was. Kan enige geldvermorsing ons nog skok? Dis rêrig bokant mens se vuurmaakplek hoe daar geld rondgegooi word in Namibië.

Kommentaar

Republikein 2025-12-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer