whatsapp
whatsapp

whatsapp

Dani Booysen
Agbare president Hage G. Geingob, maak my liewer seer met die waarheid as wat ek bedrieg word met ‘n leuen. Wat Clinton Swartbooi sê, is weer vanoggend bevestig. Uit 9 plase is net twee allokeer aan mense vd Suide. Die mense van die Suide sluit in Owambo, Herero, Nama, Kleurling, Afrikaners (blankes), Basters, ens...

Groot moelikheid aan die kom. In alle lande waar aanwas van die bevolking groter was as die groei van die ekonomie het hongersnood en armoede ontstaan. Mense het nie sommetjies gemaak nie. Intussen het die huidige regering, wat maar Swapo is, nie vooruit gedink of beplan nie. Hulle het al die geld waarop hulle hul hande kon lê op hulself en die ander "fat cats" spandeer om vir hulle net die beste te gee. Ek praat van hoë salarisse en byvoordele, plase, paleise, gedenknaalde, al die nuwe duur ministeriële kantore, want hulle kompeteer mos wie kan die mooiste en duurste hê. En hulle gaan nog vir die eerste minister ''n nuwe kantoorblok ook bou en eventueel ook die nuwe parlementgebou, om maar ''n paar te noem. Hulle vergeet van hulle mense se behoeftes. Die mense het maar aangehou om vir Swapo te stem om verstaanbare redes en maar klaargekom met die minimum, maar die situasie is aan die verander. Die onderwysers het begin met ''n staking en moenie dink dit sal die laaste staking wees nie. Al die ander mense wat vir die staat werk, gaan ook nie meer tevrede wees met hulle lot nie, veral as die onderwysers hulle sin kry. Die mense van die land besluit wie moet regeer, so dit is in hulle hande om ''n beter regering te kies. Dinge is aan die gebeur.

Stem saam met die voorbladberig (12/12/2016) oor polisie-korrupsie. Die Namibiese polisie is baie onbekwaam. Nie in staat om ernstige misdaad soos plaasmoorde/-aanvalle suksesvol te hanteer en aanvallers werklik aan die pen te laat ry nie. Voorbeelde: Kruger-moorde (Wilhelmsthal), Jooste-moord (Karibib), Kuhler-moord (Otjiwarongo), aanvalle op Simon-egpaar (Otjiwarongo), Lion''s Den gastehuis (Otjiwarongo) en Chris Coetzee (Otjiwarongo). Nog vele voorbeelde. Otjiwarongo buurtwag baie meer bekwaam as die beste van die polisie.

Will my great grandchildren be lucky enough to see rhino or elephant in our so called national parks? Or do we choose between them and the Chinese?

Ek is diep bekommerd oor die voortbestaan van die GIPF. Daar is die "bate-uitruiling" met die regering van Namibië wat voorgehou word as ''n gesonde transaksie vir beide die regering en die GIPF. Ek betwyfel die "gesondheid" van so ''n transaksie!!! Pensioenarisse, maak julle oë oop! Kyk wat word met julle pensioengeld gedoen! Regering, hou julle hande uit die GIPF se beursie!

Kommentaar

Republikein 2025-08-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer