WhatsApp 27 September 2021
Skandelik dat TransNamib se bestuur werkers wil aflê, maar geld is beskikbaar vir die verandering van 'n logo, wat miljoene N$ beloop. Geen versekering dit sal geld inbring nie. Hoogtyd dat bestuur aan werkers moet dink en nie net om hul eie sakke te vul nie. Bestuurslede is 'n klomp fat cats wat ook salaris- en voordele-vermindering moet kry en voel. Almal moet kan lewe, maar hierdie tendens om werkers af te lê blyk 'n norm te word.
Ek dog daar is 'n moratorium op Okahandja TC dat hulle nie grond mag verkoop nie. Dis dalk hoekom dit nou verniet weggegee word.
Wel gedaan, Henriëtte, met Dinsdag se bylae so heel op jou eie - dit wil gedoen wees. Dis net so hartseer dat alles in Engels was. Ek weet die Republikein doen dit ter wille van lesersgetalle, maar enige opvoedkundige kan vir jou vertel hoe belangrik moedertaalonderrig is in enige kind se lewe, en jul forseer ons ál hoe meer weg daarvan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie