NaTIS Swakopmund. Kan nie verstaan nie. Hoe werk julle "policies" oor die skryf van leerlinglisensies. Het elke kantoor sy eie beleid? Dit lyk so. Persoon doen aansoek, kry 'n tyd, daag op om te skryf. Nou. Met sy aansoek moet hy 'n ID-afskrif inhandig. Die dag as hy skryf, moet hy die oorspronklike ID toon, dan is sy afskrif van sy ID nie in sy aansoek nie. Hy wys die oorspronklike en word weggewys. Wie se fout is dit nou as NaTIS die afskrif verloor? Nuwe aansoek en weer betaal. Dan as die persoon nie slaag nie, moet hy 14 dae wag voor hy weer kan aansoek doen, ongeag of daar plek is. Die toetsbeampte gee ook opdrag niemand word met 'n hoofdeksel in die klas toegelaat nie, maar hy self het 'n hoed op. Waar's die voorbeeld dan? Nee, asseblief, kom Swakopmund. Dis ons "home town" die. Ons wil nie kla nie, maar trots wees op julle. - Hartseer Swakopmunder
My vrou en ek ontvang gedurig aanmanings per SMS dat ons inkomstebelasting agterstallig is. Ons het bewyse dat dit wel betaal is. Toe kom die rekenings met astronomiese, belaglike bedrae. Swakop se inkomstekantoor sê nee, hul kan dit nie regstel. Ons moet dit in Windhoek gaan doen. Ek kry 4 rekeninge op 1 dag in die pos. Maar skuld hulle niks. Ek glo daar is nog mense met dieselfde ervaring. Asb., mnr. Schlettwein, maak reg julle gemors. Hoe kan julle belasting kontroleer as julle nie eers weet wie se geld ontvang is nie?
Kan julle asseblief die oop riool en mangat herstel by die ou brouery oorkant "Ministry of Defence"? Die x loop al vir maande in die pad en oor die sypaadjie!
MTC, hoekom stuur jul nie meer 'n SMS wat sê jou Aweh raak klaar nie, "please recharge". Jy weet nie wanneer dit verval nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie