WhatsApp 25 Augustus 2020
Nuutste gevalle van Covid 19. Groot fout gewees toe nuutste inperkings afgekondig is dat mense uit Whk na Noorde gereis het die dag voor dit. Dit moes glad nie gebeur het nie. Vandaar versprei die gevalle in die Noorde. Was regtig onnodig!!!
Ek wil graag uitvind oor die Covid-19-uitslae. As die laboratorium dit laat weggeraak het wat moet ‘n mens maak?
"Prontuit oor Covid-foute", Republikein van 21 Augustus 2020. Ek is nou 'n tenvolle gekwalifiseerde viroloog en 'n baie goeie dokter na ek dié stukkie gelees het. In Namibië word alles mos verpolitiseer terwyl daar baie belangrike prioriteite is wat die aandag van hooggeplaastes verg. Kennis van kundiges word van die tafel af gevee terwyl mense hul lewens verloor. Lyk my "kennis is mag" word nie geduld in Namibië nie. Dalk is dit net andersom: mag is kennis, of so dink die blinde politieke leiers van die regerende party wat vir ons lei. Hulle wil vir ons kamma lei, maar is so onkundig en blind soos 'n grondmol. Hulle hou hulle slim en lei dié nasie van Namibië die verderf in, elke liewe dag. Dankie dr. Kwasi Yeboah, dit was nou baie insiggewend. Ek wag op my graad deur die pos na dié les wat u aangebied het.
Ná 'n 20 meter "trippie" deur Groot-Aub se strate sal jou skoeisels nooit weer dieselfde wees nie. Ek weet nie wie se idee dit was om dié rooi grond te gebruik om strate "mooi" te maak nie, en hoeveel geld spandeer was om die gemors aan te vang nie. Mens kon jou denims meer as een keer aantrek sonder om dit in die wasgoedmandjie te gooi, en moenie van wit klere en wit sokkies praat nie. Wat 'n gemors. Penina en haar comrades moet hul gemors regmaak. Ons huise waai vol rooi grond elke liewe dag en dis ook 'n gesondheidsrisiko. Ons kan nie net alles gelate aanvaar wat met ons gedoen word nie.
Nou sal die nalatigheid en traak-my-nie-agtigheid by ons staatsgeriewe, en veral Katutura-hospitaal, en gepaardgaande sterftes aan Covid-19 toegeskryf word.
"Die visser het belowe voor donker sal hy kom . . ." 'n Reel van 'n gedig. Maar al wat kom is die burgemeester van Walvisbaai. Dit is koud en die wind waai, maar die mense wag vir die burgemeester van Walvisbaai om te kom. Dit gaan oor die behuisingsaak van inwoners van Narraville. Ons hogere geplaaste mense se selfone is not reachable en hulle le warm in hulle beddens. So maak mens lee beloftes. Ai jai jaai. - Mogamat Salie Saban

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie