WhatsApp 24 November 2020
WhatsApp 24 November 2020

WhatsApp 24 November 2020

Dani Booysen
“Make America great again.” Ek weet nie van great nie, maar wel dat die president besig is om ‘n totale bespotting van die Amerikaanse verkiesing te maak.

Die getal swanger skoolmeisies is nader aan 4 000, want wat het geword van die klomp wat heel vanuit die sisteem verdwyn het? Hulle het nie by die skool swanger geraak nie. Dit was by die ouerhuise. Die ouers het geen beheer oor hulle kinders nie. Dit is ‘n absolute skandaal dat hierdie jong dogters die ewigheid ingestuur word deur ouers wat nie omgee nie of planloos kinders verwek en dan nie omgee wat word van hulle nie. Dit is’n tragiese situasie.

Ons is te stil oor die 12 dollar ATM-geldmakery. Dit kan tog nie regverdig wees nie. Betoog daarteen.

Kommentaar

Republikein 2025-12-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer