Hoeveel mense ken jy wat aan Covid dood is? Hoeveel mense ken jy wat honger, dakloos en werkloos is? Gaan die ou soppy storie nog lank aanhou? Die regering het die perd nou so holrug gery die perd se maag sleep op die grond. Hul het soveel room afgeskep dat die melk nou blou is, amper deurskynend.
Mis ek iets? “Jong ma glo radeloos wat baba weggooi”. Sy probeer aan die slaap raak terwyl haar baba in 'n putlatrine lê? Nee, jy is nie ernstig nie. Drink jou voorbehoedpille.
Jo-Maré “Sê maar net”, Republikein 12 Oktober 2020. Was dit nou 'n fees om die positiewe kant van “moerbuie” saam met ouma en kleinseun te deurleef. Thx vir soveel lekker lees en self kon terugdink aan heerlike, sorgelose jare. Laat ons die positiewe uit Oktobermaand haal. – Ouma em

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie