WhatsApp 22 April 2021
WhatsApp 22 April 2021

WhatsApp 22 April 2021

Dani Booysen
Die staat se Covi-inenting in Okahandja is 'n totale gemors. Sit van 06:00 af en wag om 13:30 gesê te word die inenters kom nie meer nie!

Die opposisiepartye het vir 31 lange jare niks vermag of rêrig opgestaan vir die Namibiese publiek nie, en ons het vir jare gekla oor korrupsie, diefstal, omkopery, voortrekkery, nepotisme, noem maar op. En toe kry ons 'n politieke party wat opstaan, naamlik LPM, en dinge word op hul naam genoem in die parlement. Daar word opgestaan vir die Namibiese publiek wat gebuk gaan onder bogenoemde euwels. Is dit ook verkeerd vir ons? Wat wil ons hê? Nou word diegene wat ‘n perd 'n perd noem met klippe gegooi, vir wat? Agbare LCCC Bernadus Swartbooi en agbare Jenny Seibeb, hou aan om op te staan vir die reg en verkeerd in Namibië, dis hoekom ons julle verkies het. God is in beheer en die waarheid sal uiteindelik seëvier. Hulle probeer alle truuks in die boek om julle uit die parlement te hou, maar moenie moed verloor nie. Hier in Namibië mag jy mos nie die waarheid praat nie, anders verdwyn jy, of jy gaan op 'n baie verdagte manier dood, selfmoord, motorongelukke of nou die nuuste, Covid-19. Onthou, God sluimer of slaap nie.

Van ons was al by die kantoor van die 'old age pension' op Otjiwarongo om te registreer. Ons word dan gesê in Covid-tyd registreer ons nie? My vraag: wat van al die mense (ouer) wat gesterf het in die Covid-tyd? Gaan hul pensioen net onverpoosd voort? Antwoord asseblief!

Ai dr. Job. Dit is goed dat jy vrot uitgrawe maar ons weet dit al lankal. Jy moet liewer jou werksmense oor die vingers tik. Skaamteloos laat julle toe dat museums skoongemaak word, gate toegegooi word. Die gate waarin jou span net teer gegooi het, is nog gate. Wat het geword van verkeersbeamptes? Absolute chaos by verkeersligte. Of is hulle net begeleiers wat mense se lewens in gevaar stel? Ruk julle reg; julle neuk al 31 jaar hierdie geboortestad van my op. – Wanda Richter, Windhoek

Annamarie en Adenel van die NaTIS-kantoor in Keetmanshoop, baie dankie vir julle puik dienste. Ek waardeer dit. Hou so aan. - Cupido Collin

Kommentaar

Republikein 2026-05-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer