WhatsApp 21 April 2021
Die opposisiepartye het vir 31 lange jare niks vermag of rêrig opgestaan vir die Namibiese publiek nie, en ons het vir jare gekla oor korrupsie, diefstal, omkopery, voortrekkery, nepotisme, noem maar op. En toe kry ons 'n politieke party wat opstaan, naamlik LPM, en dinge word op hul naam genoem in die parlement. Daar word opgestaan vir die Namibiese publiek wat gebuk gaan onder bogenoemde euwels. Is dit ook verkeerd vir ons? Wat wil ons hê? Nou word diegene wat ‘n perd 'n perd noem met klippe gegooi, vir wat? Agbare LCCC Bernadus Swartbooi en agbare Jenny Seibeb, hou aan om op te staan vir die reg en verkeerd in Namibië, dis hoekom ons julle verkies het. God is in beheer en die waarheid sal uiteindelik seëvier. Hulle probeer alle truuks in die boek om julle uit die parlement te hou, maar moenie moed verloor nie. Hier in Namibië mag jy mos nie die waarheid praat nie, anders verdwyn jy, of jy gaan op 'n baie verdagte manier dood, selfmoord, motorongelukke of nou die nuuste, Covid-19. Onthou, God sluimer of slaap nie.
Stem saam met SMS in 16/4 se dagblad. Die gras en bossies lyk mooi, veral in die veld. Geniet dit daar, maar asb. dorpe, Otjiwarongo e.a. gee mense werk wat so rondsit. Laat hulle die gras uitspit. Dit haal juis nou maklik uit. Dit lyk oral regtig onnet en is ‘n seer oog vir almal. Mens wil tog trots wees op die dorp waar jy bly, veral waar toeriste baie deurry.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie