WhatsApp 20 Oktober 2021
Hiermee wil ek 'n groot dankie rig aan die munisipaliteit van Otjiwarongo vir die gras se skoonmaak langs die skougronde. Lyk sommer mooi. Ook by ander dele waar ook gewerk word. Net die parke moet nog 'n beurt kry.
Sjoe... Maar kan ons onsself as Namibiërs so openlik uitwys as oningelig en in die donker. As ons regtig dink dat ons ou landjie sommer gou-gou met die Kavango-olietjies gered gaan word van armmoede en hongersnood is ons maar redelik dom. Dis nes Fishrot. The rich will get richer and the poor only poorer. Julle wat so sterk ten gunste van die drilling is, gaan kyk wat het die metode van ontginning gedoen aan die natuur en ekosisteme waar dit so gedoen was. Onnoselheid sal ons ondergang wees. Maar laat ons gaan olie boor! En laat ons rol in die miljoene wat ons nooit gaan sien of eet nie want dit sal net beloftes bly. En oor 'n paar jaar moet mense die lodges en plase in die omgewing gaan plunder vir kos. Maar boor hom!
Daar is nie 'n manier dat die regering met Duitsland se geld kan werk nie. Nie met enige geld nie. Wat nie vermors word, word gesteel of wanbestee. Ek hoop Duitsland hou beheer oor die geld en hoe dit bestuur word. Dit is die enigste instansie wat vertrou kan word met die regte aanwending en uitdeling van die geld. Party parlementariërs is weer gulsig om te deel in die geld.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie