WhatsApp 20 November 2020
WhatsApp 20 November 2020

WhatsApp 20 November 2020

Dani Booysen
Mnr. Johny Elago, die mense stroom Groot-Aub toe agter die erwe aan wat jy en jou Swapo-kamerade links en regs uitgedeel het, en nie oor die ontwikkeling wat daar plaasvind nie. Ek, jy en almal van Groot-Aub weet dit. Watter ontwikkeling het op Groot-Aub plaasgevind wat Swapo teweeggebring het, behalwe mense wat kom instroom wat iewers êrens alreeds plotte en erwe het, wat nog net kom grond gryp, en so bring hulle al hul onwettigheid saam, soos dwelmverkope om maar een te noem. Groot-Aub het nie 'n "health care center" soos jy daarna verwys nie. Daai kliniek kan skaars 10 mense binne akkommodeer. Hou aan droom en bou jou lugkastele, Swapo se tyd is verby, ons is moeg vir lieg en bedrieg. Dit was 30 laaang jare van leuens. Sies, vir die wat daar sit en hande klap vir sulke leuens, terwyl hulle die rou werklikheid rondom hulle sien. Wil julle weer vir die volgende 30 jaar sit en hande klap? Wat het julle om te wys dat daar vooruitgang was? Mooi niks, so hou op hande klap en "viva Swapo" en skrik wakker uit jul diep slaap en sprokieswêrelddrome.

Kommentaar

Republikein 2025-12-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer