WhatsApp 2 Junie 2020
WhatsApp 2 Junie 2020

WhatsApp 2 Junie 2020

Dani Booysen
Hoop die lodges rig vir die nabye toekoms hulle teiken op die plaaslike mark, deur spesiale aanbiedings. Kostes kan bespaar word op die oordadige buffet-etes.



I am in awe and don't know the hiding game the Hon. Fisheries Minister is playing with the prospective applicants instead of being honest and transparent to divulge the announcement of the new beneficiaries in the newspaper as was done with the applications. – BAB, //Kharas



Is die virus erger in die oggende en minder namiddag? Lyk so volgens plekke wat net van 12:00 tot 18:00 mag oopmaak. Betaal ook dan net vir halfdag.



5 jaar verby gegaan, niks verhoging vir onderwysers soos belowe nie. Nou is lockdown 'n verskoning. Goverment moet beter beplan. Jy sit met tot 45 kinders in 'n klas. Onderwysers, dis tyd dat daar gestaak word. Niks wat ons doen is ooit genoeg nie.



Hoe is dit moontlik dat jou CoW-rekening N$53 000 is en jy kom niks oor nie?



Labour Commissioner, help ons. Ons word soos slawe behandel. Ons werk vir sekere security companies in Hardap Region wat vir ons onder die vasgestelde loon betaal. Ons regte word misken omdat ons behoeftig is. Sodoende verdien die security companies baie geld en ons wat die werk doen, krepeer in armoede. Ons is werksaam by skole. Ons hoop die Labour Commissioner neem hierdie skrywe in 'n ernstige lig.



Rêrig? 2 000 dollar boete vir die partytjie wat deur een persoon gereël is. Wat van almal wat dit bygewoon het? Laat almal betaal, want wat vir een geld, geld vir almal. Ongelooflik.



As jy beboet word tydens lockdown het jy 'n kriminele rekord. By die Swapo-party, wie sit nou met die kriminele rekord? Of is hulle uitgesluit?

Kommentaar

Republikein 2026-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer