“Miljoene der miljoene bespaar op medisyne”: As ons ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste hulle verskaffers betyds betaal, sal die verskaffers baie meer moeite doen met afleweringstye. "Lewer dadelik en kry eendag jou geld," is dikwels wat gebeur. – Johan, Avis, Windhoek
Willem de Wet se skrywe (“Geen hekkies vir wanpresteerders”, 15 Januarie 2020). Stem saam. Hoe is dit moontlik dat 'n beampte op volle betaling geskors word as hy/sy korrup was/is? Te dik vir 'n daalder. Dis geld mors in ergste graad.
Geweld teen vroue. Ek praat dit geensins goed nie, maar wonder baie oor dié saak. Vroue het lankal respek vir hulself verloor. Hulle het die sjebeens oorgevat, die dwelms, hulle hou van elke 2de broek wat hulle sien ongeag of hulle getroud is of in 'n verhouding is. Hulle vertel leuens wat soos die waarheid klink. Baie van hulle is net daarop uit om manne droog te melk, en dan word hy uitgeskop. Moenie vir my vertel daar is baie ander visse in die see nie, want jy kom mors my tyd vir jare en beweeg aan na die volgende prooi op jou lys. Vroue is nie so onskuldig as wat hulle, die regering en andere wil voorgee nie. Hoeveel emosionele en fisieke skade word ons as manne aangedoen? Daar moet dieper gekyk word as dié oppervlakkige geneul. Laat die vroue begin hand in eie boesem steek en ophou net vinger wys na die mans. Vroue, gaan terug na julle se "roots".
Ons het 'n groot probleem in Groot-Aub. Groot-Aub het nie water nie en ons kan ook nie ons kinders na die skool toe stuur nie, maar ons moet gaan stem. Asb., laat hulle plan maak met water in Groot-Aub.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie