WhatsApp 17 Mei 2021
WhatsApp 17 Mei 2021

WhatsApp 17 Mei 2021

Dani Booysen
Psemas: Dis ‘n gemors. Wat nou van ons wat op medikasie is wat gereeld moet kry? En ons dokter moet sien? Is dit nou soos gesteel is? En wie ly nou daaronder? Dis regtig absurd!

Daar hang tog maar 'n vraagteken oor die kwalifikasies wat die mense voorhou as hulle aansoek doen vir werk, veral by die staat en semistaatsinstellings. Kyk byvoorbeeld na die persoon se ouderdom, werksondervinding, en as die persoon in die pos is, kan hy/sy geen hond haar-af maak nie. Ek wonder maar net hoeveel mense word in poste aangestel met valse kwalifikasies? Word die kwalifikasies rêrig nagegaan? Baie van die mense se performance in hoë poste laat te veel wense oor. Ek wonder maar oopmond.

Ons word aangemoedig om Namibiese produkte te koop. Hoekom is van hulle van so 'n swak gehalte? Neem een sort toiletpapier. Van die velle is net repe en repe papier, so dit is nie 500 velle soos op die verpakking vermeld. Regtig 'n swak produk!

Windhoek lyk plek-plek soos 'n erg verwaarlooste plaas! Die droë gras en onkruid staan heuphoog. Die rivierbeddings is oorgroei met doringbosse en bome. CoW het gereedskap om die gras te sny en ongewenste indringerbosse uit te roei. Indien werkers benodig word, is daar baie mense wat op straathoeke staan en sekerlik dankbaar sou wees vir werk en 'n inkomste. Moet 'n hoofstad so lyk?

Waar is ons verkeers- en stadspolisie? Mense ry so roekeloos en hou nie by verkeersreëls nie. Rooi verkeersligte word geignoreer, u-draaie op enige plek gedoen en daar word ook enige plek gestop om mense op en af te laai. Dit is ook opvallend hoeveel motors met net een of glad geen nommerplate rondry. Word dit nie deur die polisie gesien nie of verkies om nie gesien te word nie? En dan word nogal daarop aangedring om boetes af te skryf!

Swakopmund se inwoners steur hulle oor die algemeen baie min aan die Covid-19-voorkomingsvoorskrifte. Maskers word nie gedra nie en van distancing is daar geen sprake van nie. Een kerk probeer by die getal hou, maar niemand dra ‘n masker nie en dit sit skouer aan skouer. Hordes kinders stroom oor die strate wanneer die skole uitkom en daar is nie een enkele kind met ‘n masker nie. Duisende mense sterf wêreldwyd aan Covid-19 en of ons nou daarvan hou of nie, maskers is tot dusver ons enigste hoop om verspreiding te voorkom. So Swakop se inwoners moet wakker word.

Kommentaar

Republikein 2026-05-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer