WhatsApp 16 November 2020
WhatsApp 16 November 2020

WhatsApp 16 November 2020

Dani Booysen
Wat gaan aan in hierdie land? NaTIS kan nie bestuurslisensies uitreik nie, want "there is no material". Eers volgende jaar weer. Kan Republikein bietjie uitvind wat die probleem rêrig is, asseblief?

By die Swakopmund-poskantoor is al weer baie teëls los op die vloere. Dis baie gevaarlik, ook op die trappe by die ingang. Is daar niemand wat daarna omsien nie? As iemand daar val omdat teëls los is, gaan hulle die dokter- en miskien hospitaalonkostes betaal? Regtig 'n skande hoe die plek agteruitgaan.

"Stembriewe onder loep" net nog 'n "rot" wat inkruip. Wat kan dan hier verval?

Hierdie 12 dollar ATM-truuk is roof in die ergste graad. Ons moet betoog. Veral die pensioenarisse.

Kommentaar

Republikein 2025-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer