WhatsApp 15 Julie
WhatsApp 15 Julie

WhatsApp 15 Julie

Dani Booysen
Otjiwarongo-munisipaliteit. Jaaa. Hoekom is hul diens nou so swak in vergelyking met vorige jare? Ek het al 3 x gebel oor tuinvullis op 'n sypaadjie. Sover geen reaksie. Kyk hoe lyk party van die strate, waarin mens amper nie met 'n 4x4 kan ry nie. Kyk hoe lyk parke, sypaadjies vol droë gras, wat brande kan veroorsaak indien iemand 'n sigaret verkeerdelik neergooi. Wie is verantwoordelik vir die werke? Ons inwoners sal graag antwoorde wil kry, asseblief.



Sal Walvisbaaiers wat probeer ompaaie ry om padblokkades te vermy asb. twee keer dink wat hulle doen. Bly tuis en gehoorsaam die reëls wat jul moet doen sodat jul dorp vry raak van die virus en ander dorpe nie daaronder gaan ly nie.



Stem saam met SAP&H. Doen weg met die kultuur van kinderhuwelike. Ons lewe nie meer in daardie tye nie. Die regte naam is eintlik pedofielhuwelike. Los die jong kinders om volwaardige lewens te lei. Wat 'n skande vir ons land. Dit geskied ongelukkig met die goedkeuring van sekere van ons leiers. Bang hulle verloor die steun van "tradisionele" hoofde. Almal moet saamstaan en die gebruike nek omdraai. – Anti-kinderhuwelike

Kommentaar

Republikein 2025-05-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer