WhatsApp 13 Augustus 2021
Ek is baie trots op ons krieket en die ontwikkeling wat ingesit word. Ek wil net 'n vraag vra. Daar is 'n paar jong manne wat baie talent het en ook so bewys het oor die jare, maar my vraag is kan die manne nie deel wees van 'n opvolgprogram nie? Ek weet die streke het so 'n program, maar hoe word die manne betrek by die nasionale groep? Ek praat van manne soos Ramon Wilmot, Divan la Cock, Ettienne Beukes, Mathew de Gouveia, Nico Davin, Petrus Burger en Danie van Schoor. Sommige van die huidige spelers sal een of ander tyd moet klaarmaak. Ek vra net, ek kritiseer geensins nie.
Ek is ’n diep bekommerde mens. Ek oordeel niemand nie, maar 1 Timotheus 3 is baie duidelik oor hoe opsieners (ouderlinge) moet wees. Maar deesdae is enige mens ’n ouderling. Die ou pastore het nooit toegelaat dat ongetroudes en veral hulle in “saam-lewe” verhoudinge, ouderlinge word nie. Hoe kan hulle vir getroudes berading gee? Ek is nie ’n engeltjie, maar as iets verkeerd is, het ons mos die reg om so te sê? Die huis van God is ’n heilige plek en ons moet dit respekteer, maar die mense bly vir jare ouderlinge sonder dat hierdie verhoudinge hulle pla. Ek doen ’n beroep op kerke om hierdie mense eers tydelik af te haal en hulle aan te moedig om hul leefwyse reg te maak. Soos hulle vir ons preek: Kry jou huis in orde, want jy weet nie wanneer die eienaar van die huis kom nie. Hy kan skielik kom en jou aan die slaap vind. Hierdie waarskuwing geld vir ons almal. Ek smeek dat ek nie verkeerd vertolk word nie, maar ek dink ons moet vir mekaar help voor dit laat is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie