WhatsApp 12 Julie 2021
WhatsApp 12 Julie 2021

WhatsApp 12 Julie 2021

Dani Booysen
Kan Duitsland asseblief vir ons Pfizer-entstowwe stuur met die volgende vlugte. Dit sal die vinnigste manier wees om mense ingeënt te kry. As ons moet wag vir Covax of ons regering, gaan nog baie mense sterf in Namibië.

The Namibian koerant het gister (Donderdag) berig dat minder as 3% van die bevolking ingeënt is. Die staat is dus onbevoeg om die inentingsprogram te dryf. Is dit nie tyd dat die regering die privaatsektor toelaat om entstowwe in te voer en te verkoop nie? Sodoende gee dit die vryheid aan diegene wat vir hul eie entstowwe kan betaal om te kies watter produk hulle wil gebruik. Dit sal dan meer entstowwe beskikbaar maak vir minder gegoede Namibiërs.

Ons privaat hospitale, julle vergeet dat dit ons, die Namibiese publiek is, wat julle ryk maak. Julle wat vinnig gereed staan om ons mediese fondse uit te put, julle wat weier om privaat pasiënte te help voordat hulle nie duisende rande neersit, julle het geen menslikheid. Geen integriteit. Toe Namibiërs julle die nodigste het, kon julle ons nie help nie. Ja, ons regering het ons ook gefaal, maar julle behandel ons nie verniet nie. Nie eens toe die wêreld praat hoe val Namibië uitmekaar het julle iets aan dit gedoen om ons te help nie.

Kommentaar

Republikein 2025-08-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer