WhatsApp 10 Junie 2020
WhatsApp 10 Junie 2020

WhatsApp 10 Junie 2020

Dani Booysen
Drankpryse by sommige sjebeens/smokkelhuise skiet die hoogte in. Drankgebruikers in sommige dorpe kla oor pryse wat tydens die inperkingstydperk drasties verhoog is. 'n Driebottelkan, die bekende groen rok, kos tussen N$200 tot N$300 of meer. 'n Lager N$50, 5 liter N$400 tot N$500. So kan 'n mens die pryse opnoem. Is dit rêrig nodig? Hulle moet met die pryse afkom of gerapporteer (blootgestel) word. Dit is uitbuiting op die ergste graad. Ek tree nie in vir die drankgebruikers nie, maar ek veroordeel die drankverkopers vir hul inhaligheid. Wil hulle op hierdie manier die geld wat hulle verloor het, terugkry? Ek hoop dat hulle hiermee sal ophou.

Kommentaar

Republikein 2026-07-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer