Wettige dobbelhuiseienaars wil hof toe
Wettige dobbelhuiseienaars wil hof toe

Wettige dobbelhuiseienaars wil hof toe

Die Dobbelhuisvereniging van Namibië meen daar is geen beheer in die bedryf nie.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Die Dobbelhuisvereniging van Namibië (Ghan) gaan voort met sy regstappe teen die ministerie van die omgewing en toerisme.

"Ghan het met sy regsadviseurs beraadslaag en besluit om met sy regsaksie teen die ministerie in die belang van ons lede en die oorlewing van die dobbelbedryf voort te gaan," lui 'n mediaverklaring van Ghan, wat gestig is om alle wettige en gelisensieerde dobbelhuiseienaars in Namibië te verteenwoordig.

"Die onbeheerde en onstuitbare toename in onwettige dobbelhuise en -masjiene het groot ontwrigting vir wettige operateurs veroorsaak," sê die voorsitter van Ghan, mnr. André Botha.

Hy sê wettige operateurs moet aan streng vereistes voldoen en swaar belasting en heffings op lisensies betaal.

"Daar is tans geen beloning daarvoor om 'n wettige lisensiehouer te wees nie, want enigiemand kan nou 'n dobbelhuis oopmaak en en enige hoeveelheid dobbelmasjiene bedryf soos hulle wil. Speletjies wat volgens wet verbied is en slegs in kasino's gespeel kan word, word ook vrylik aangebied."

Ghan meen die styging in dobbelheffings en lisensiefooie in Mei 2017 “sonder enige beraadslaging met lisensiehouers het veroorsaak dat baie dobbelhuise nie meer winsgewend bedryf kon word nie”.

Volgens Ghan het die laaste beraadslaging en insette oor die nuwe wet op die beheer van dobbelary en vermaak in 2011 plaasgevind en sedertdien was daar geen verdere terugvoer aan die bedryf nie.

"Toe die nuwe wet in Desember 2018 bekend gestel is, was dit die eerste keer wat ons die gevolge van ons insette van 2011 gesien het," sê Botha.

“Die onlangse uitnodiging om aan die ministerie se werkwinkel oor die nuwe regulasies deel te neem, is inderhaas gedoen en die bedryf is slegs twee dae kennis gegee.”

Ghan meen die nuwe wet spreek die meeste kwessies in die bedryf nie aan nie.

‘ONREGVERDIGE STELSEL’

Daarom het ’n groep wettige dobbelhuisoperateurs regsraadgewers aangestel om hulle te help met die “onregverdige stelsel van die formele dobbelhuisbedryf wat enorme bedrae in belasting en heffings betaal, en beperk word in die hoeveelheid masjiene wat hulle mag bedryf”.

Ghan meen hulle word gedwing om toe te maak en werkers af te dank as gevolg van ongelisensieerde dobbelhuise wat sonder dié beperkinge sake doen.

“Daar was ongelukkig geen reaksie van die owerhede nie en van pogings het dadels gekom. Die wettige operateurs het geen ander keuse gehad nie as om Ghan te stig om wettige lisensiehouers volgens die ou en nuwe wet te verteenwoordig en ’n verenigde front te wees,” sê Botha.

Ghan meen die ministerie en die kasinoraad kan baat by die insig van sy lede, wat van wettige en onwettige dobbelhuise kennis dra.

“Huidige lisensiehouers vra al lank om betrokke te wees by die transformasie van die bedryf op ’n oop en samewerkende manier, en te verseker dat dit mededingend, gemonitor en regverdig is, en dat dit ook tot die regering se belasting bydra.”

Vir verdere navrae kan Ghan by [email protected] of (061) 254 105 gekontak word.

SHIKONGO REAGEER

Die direkteur van toerisme en dobbelary in die ministerie, dr. Sem Shikongo, het op Republikein se navraag gesê alle belanghebbendes in die bedryf het nou die kans om hul insette oor die regulasies te lewer om die prosedures te beïnvloed van hoe die wet geïmplementeer gaan word.

"Werkwinkels word landswyd gehou en die ministerie verwelkom ook geskrewe insette van almal. Die minister het sy belofte van verlede jaar nagekom dat belanghebbendes die kans gaan hê om tydens die werkwinkels te praat oor die kwessie van swaar heffings," het Shikongo gesê.

“Die neiging is dat die publiek nie na die werkwinkels toe kom nie en dan het ons geen opsie as om met die proses voort te gaan nie. Ons sien uit na verdere insette, beide geskrewe en van die vloer af tydens die werkwinkels.”

Shikongo sê dit is belangrik dat alle rolspelers aan die werkwinkels deelneem.

Vandag en môre vind werkwinkels op Otjiwarongo plaas en volgende week Donderdag en Vrydag op Oshakati.

Die week daarná gaan werkwinkels op Rundu en Katima Mulilo voort.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%