Wetteloosheid, maskers en ontsmettingsmiddels
Wetteloosheid, maskers en ontsmettingsmiddels

Wetteloosheid, maskers en ontsmettingsmiddels

Mandy Rittmann
ANONIEM SKRYF:

Ek het verlede Maandag een van die groot kruidenierswinkels in Windhoek besoek, soos ek gewoonlik elke Maandagoggend doen. Toe ek skielik ’n sterk en streng stem hoor sê: “Put on your mask to cover your nose!” Die blou weggooimasker het op daardie stadium slegs die opening waarbinne my tande geleë is, bedek. As gevolg van die hitte en ongemak en hoofpyn en duiseligheid, wat dit veroorsaak en ook as gevolg van die gevoel dat iets in die pad staan en my beroof van my demokratiese reg om vrylik asem te haal, het ek vir ’n wyle die masker laat sak tot onder my neus. Toe ek op kyk sien ek ’n jong Namibiër staande voor my, baie intimiderend, volledig geklee in sy weermag uitrusting met ’n selfs ’n meer intimiderende outomatiese masjiengeweer oor sy skouer. Die einste geweer wat oor die jare verantwoordelik was vir baie gruweldade op ons pragtige Afrika-kontinent.

Sonder om ’n woord te uiter, het ek die masker op getrek na bo om die twee gate in my neus te bedek. Die jongman, tevrede met my optrede, het toe omgedraai, weg gestap en verder gaan soek na “slagoffers” in die winkel.

Die masker? As kinders kan ek onthou hoe ons in die vuilgrond en modder gespeel het. Sommige van ons ouers het ons selfs met die spesifieke modder “gevoed”. Ja, ons het soms ook op ons eie van dit geproe so tussen die lopende snotneus, vuil hande en hoesie deur. As ouers van daardie tyd, het baie geglo dat die modder etery ons sterk gemaak het en ons immuniteit opgestoot het, om ons aan die einde van die dag ’n sterker gevoel van bestandheid te gee teen sekere siektes. Ons het wel siek geword, maar ons het nooit gesterf nie. Hoekom? Wel die natuur en ons Skepper het ons liggame so ontwerp en gebou, dat ons immuniteit teen bakterieë en virusse opbou deur basies blootgestel te word aan hierdie einste virusse en bakterieë. As ons dus die mond en neus bedek, voorkom dit dat ons vrylik suurstof inasem en deur dit te doen asem ons weer die gebruikte suurstof in, wat nie meer so suiwer is nie. Dit op sy beurt lei weer tot hoofpyn en in sommige gevalle duiseligheid en verlies aan balans en konsentrasie, want van ons longe deur die are na die hart, brein en sell gaan dan nou amper sal ek sê ’n 4de hande se suurstof. Stel jou voor, dat jy ’n voertuig se uitlaatpyp met ’n masker bedek. Wat sal van die voertuig se enjin word? Dit sal doodgaan! Kry julle die prentjie?

Die ontsmettingsmiddel of soos meeste dit in hier tye leer ken het: ”Sanitizer?” Amper deesdae ’n vloekwoord wat sleg is om van te praat. Hierdie produk, met ’n sterk alkohol inhoud het die nagevolge dat met herhaaldelike gebruik, dit die krag het om die mens se vel te laat uitdroog, te laat plooi en die vel ook in sommige gevalle en ’n jeukerigheid te gee. Dit maak ook meeste goeie en slegte bakterieë sowel as virusse vrek. As die liggaam nie aan hierdie virusse en bakterieë blootgestel word nie, sal die immuunstelsel nie sterk word nie, en ons sal ons liggame meer ontvangbaar maak vir alle soorte siektes. Selfs ook klein en minder aggresiewe siektes, siektes wat sodra dit betrokke raak in ’n “geveg” met ons witbloedselle, die stryd in ons liggame sal wen, wat nie die geval sou gewees het as ons nie voortdurend hierdie alkoholgebaseerde vloeistof so herhaaldelik gebruik het nie.

Om terug te kom na ons mede-Namibiër aan diens van ons geliefde NDF. Ek wonder net of daar geen wette deur hom oortree is, deurdat hy met so ’n gevaarlike wapen, die winkel binne gekom het nie. Dit in ’n winkel waar moeders met hul babas en kleuters inkopies kom doen?

Ons wetstoepassers het die afgelope ses maande in ’n gemaksone verval en sodoende genadelose misdadigers die geleentheid gegee, om te doen net wat hulle wil, sonder respek vir hul mede-Namibiërs se lewe of enige Namibiese wette. Dus as gevolg van hierdie praktyk, ’n direkte woord aan die minister van justusie en verdediging. Geagte ministers, sou dit nie die misdadigers afskrik om eerder hierdie weermagtroepe te plaas in ons strate en hulle die taak te gee om dit dag en nag te patrolleer nie, en sodoende hierdie kriminele aktiwiteite te voorkom en te beheer en om Namibië ’n beter en veiliger plek vir ons almal te maak nie, in plaas daarvan om hierdie manne as “masker toesighouers” in kruidenierswinkels en winkelsentrums te ontplooi nie?

Ook kan die wette net so vinnig gewysig word, as wat die wette ontstaan het toe die Corona-pandemie in ons lewens in gekom het. Verlede week was daar twee stories einste op die voorblad van die Afrikaanse dagblad. Een verhaal, wat die grootste gedeelte van die voorblad ingeneem het, wat gehandel het oor die wet waarin Namibiese burgers, wat nie die Covid-19 regulasies nakom nie, van ’n N$100 000 of 10 jaar gevangenisstraf/boete aangekla kan word. Belaglik ek sê vir jou, net dood eenvoudig belaglik! Dit oor ’n pandemie wat getoon het, dat minder mense daaraan sterf, as wat mense sterf van die seisoenale griep en verkoue, ’n pandemie wat miljoene mense van hul bestaan en lewenswyse beroof het en ’n pandemie waarvan die gevolge soveel pyn en hartseer veroorsaak het.

Bogenoemde definitief nie vanweë die siekte self nie, maar vanweë die wyse waarop regerings en wetsgewers, van sekere lande, die hele situasie hanteer het deur die “profesionele advies” te volg soos deur die WHO aan hulle voor geskryf. Die nuwe regulasies was so verwoestend, dat dít aan die einde van die dag die reg om te lewe en voluit te lewe, amper heeltemal doodgemaak het! Hierdie wette en regulasies het byna onmiddelik ontstaan, sedert hierdie siekte die wêreld getref het.

Om terug te kom na die voorblad van Republikein. Daar was ’n ander verhaal op die voorblad. ’n Verhaal, my mede-Namibiërs, dié van die huisbraak wat plaasgevind het, waardeur die dame, wat in haar huis was op daardie stadium, grusaam verkrag en geskend was, en dit in die teenwoordigheid van haar kêrel!

Die tyd het aangebreek dat Namibiërs hul stem begin dik maak. Ons kan nie meer stilbly en hierdie soort bose gedrag deur hierdie genadelose misdadigers aanvaar nie. Hierdie land se leiers is baie vinnig om die wette oor Covid-19 regulasies te verander, maar die toedrag van sake word nie aangespreek as dit by sosiale en maatskaplike euwels in hierdie land kom nie en dit word eenvoudig net nie as dringend beskou nie. So, mnr. Ben Nangombe, dr Kalumbi Shangula en alle ander relevante leiers en wetgewers, net so vinnig soos wat julle was om die wette rondom die Covid-19-pandemie in werking te laat tree, net so vinnig kan julle die verouderde wette verander teen moord, verkragting, gewapende roof, huis inbrake en misbruik van alkohol in die openbaar en dit so te verander en strenger te maak. Dit in opsigself sal veral ons vroue en kinders beter beskerm. Die verouderde wette word nie meer ernstig geneem deur hierdie misdadigers nie en skrik hulle geheel en al glad nie meer af nie. Ons as ’n Namibiese nasie, is redelik “keelvol” vir die golf van geweld en wetteloosheid wat ons samelewing oorgeneem het en wat meestal onskuldige vroue en kinders negatief beinvloed.

Verander asseblief, groot asseblief hierdie wette net so gou soos wat julle die Covid-19-regulasies bewerkstellig het, sodat hierdie volk weer vry kan wees van hierdie genadelose misdadigers en dat ons weer ’n hoë morele en etiese samelewing kan wees! Hier is net ’n gedagte en ’n voorstel oor hoe die veranderinge aangebring en deurgevoer kan word en wat aan die einde van die dag as ’n groter afskrik kan:

Vir diegene wat skuldig bevind word aan moord: 100 houe op die boude in die openbaar sowel as lewenslange tronkstraf,

Vir diegene wat skuldig bevind word aan verkragting: 100 houe op die boude in die openbaar asook kastrasie,

Vir diegene wat skuldig bevind word aan gewapende roof: 100 houe op die boude in die openbaar asook 20 jaar gevangenisstraf en ’n boete van N$10 000 vir die ouer(s) van die skuldige party(e),

Vir diegene wat skuldig bevind word aan huisbraak: 100 houe op die boude in die openbaar asook chirurgiese verwydering van die hand en N$5 000 boete vir die ouer(s) van die skuldige,

Vir diegene wat skuldig bevind word aan huishoudelike geweld teen vroue en kinders, 100 houe op die boude in die openbaar asook 10 jaar gevangenisstraf en ’n boete van N$5 000 vir die ouer(s) van die skuldige.

Drink in die openbaar, 100 houe op die boude in die openbaar en 'n boete van N$3 000 dollar vir die ouer (s).

Waarom die ouers beboet? Wel, ouers is verantwoordelik vir die grootmaak en opvoeding van hul kinders op so ’n manier dat hulle verantwoordelike en wetsgehoorsame volwassenes word.

As ’n kind ’n misdadiger word, is hierdie ouers sekerlik bewus van hul verkeerde optredes en as niks van hulle kant af gedoen was nie, dan is hulle net so skuldig.

Nou sal almal sê die kriminele het regte. Wel, bring ’n wet in waarin sekere regte onmiddelik weg geneem sal word van die kriminele, sodra hulle skuldig bevind word. Want u sien hierdie kriminele het geen respek vir die regte van wetsgetroue en gehoorsame Namibiese burgers nie. Bogenoemde mag dalk onmenslik klink, maar hoe sal u voel as u deur een van die bogenoemde traumas moet deurgaan? So sien dit bloot as ’n afskrikmiddel en ’n manier om wet en orde toe te pas en te handhaaf.

Die ou wette skrik hierdie goddeloses nie meer af nie en as die wette nie vinnig verander en aangepas gaan word nie, sal ons vryheid, waarvoor ons voorvaders geveg en gebloei het, tevergeefs wees en ons samelewings en kinders en kinders se kinders sal nie meer dié vryheid kan geniet wat ons bevoorreg was om te het nie.

Geagte redakteur, as mede-Namibiër en as teken van u vaderlandsliefde en patriotisme rug ek dus hiermee ’n nederige en vriendelike versoek, om asseblief hierdie brief te plaas en sodoende u deel te het om hierdie euwel van geweld en wetteloosheid te stop. Dit is ’n euwel wat ieder en elke Namibiër beïnvloed en wat probeer om hierdie pragtige land van ons te verander in ’n land wat dit nooit ooit sou moes word nie.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%