Wetsontwerp oor grond sneuwel
Estelle de Bruyn
Die minister van grondhervorming, mnr. Utoni Nujoma, het op die laaste sittingsdag van die Nasionale Vergadering die omstrede wetsontwerp op grond teruggetrek.
Tydens die debat oor die wetsontwerp het verskeie lede van die NV uit sowel opposisie- as regeringsgeledere, probleme met die wetsontwerp geïdentifiseer.
Nujoma het gesê daar is besluit om verder met belanghebbendes te beraadslaag en meer kommentaar te kry vóór die wetsontwerp volgende jaar weer in die NV ter tafel gelê sal word.
Die NV het Donderdag sy verrigtinge vir die jaar afgesluit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie