Wetsontwerp oor grond sneuwel
Wetsontwerp oor grond sneuwel

Wetsontwerp oor grond sneuwel

Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn



Die minister van grondhervorming, mnr. Utoni Nujoma, het op die laaste sittingsdag van die Nasionale Vergadering die omstrede wetsontwerp op grond teruggetrek.

Tydens die debat oor die wetsontwerp het verskeie lede van die NV uit sowel opposisie- as regeringsgeledere, probleme met die wetsontwerp geïdentifiseer.

Nujoma het gesê daar is besluit om verder met belanghebbendes te beraadslaag en meer kommentaar te kry vóór die wetsontwerp volgende jaar weer in die NV ter tafel gelê sal word.

Die NV het Donderdag sy verrigtinge vir die jaar afgesluit.

Kommentaar

Republikein 2026-02-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer