Wetenskapweek skop af
Wetenskapweek skop af

Wetenskapweek skop af

Augetto Graig
Wetenskapweek het gister in die hoofstad begin.

Die amptelike program duur tot Vrydag en hervat vanaf 6 tot 11 Desember op Swakopmund.

Die Verenigde Nasies se Onderwys-, Wetenskap- en Kultuurorganisasie (Unesco), die Goethe-instituut, die Swakopmund-museum en die ministerie van myne en energie het kragte saamgespan om vanjaar dié week onder die tema “Beter gesondheid deur beter begrip”, te reël.

Volgens die organiseerders is wetenskapweek 'n geleentheid om uit te reik na 'n groter gehoor, veral die publiek.

Vanjaar se tema oorweeg die impak van Covid-19 op wetenskaplikes, skole en die publiek, en dit ondersoek wetenskaplike maniere om welstand soos geestesgesondheid, te verbeter.

In Namibië is daar 'n sterk vraag na wetenskaplike uitreike, sê die organiseerders.

Stel jong kinders op verskillende maniere aan wetenskap bloot om vir hulle die belangrikheid van inklusiewe wetenskap te wys en by te dra tot verantwoordelike wetenskap in die toekoms, sê hulle.

Wetenskapweek is 'n mengelmoes van vermaaklike, praktiese opvoedkundige aktiwiteite deur plaaslike wetenskaplikes, en nie-kommersiële wetenskaplike films wat wetenskapgeletterdheid bevorder, en bewustheid van kontemporêre wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskwessies verbeter.

Kommentaar

Republikein 2025-05-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer