Werkspermitte
Werkspermitte

Werkspermitte

Mandy Rittmann
S SKRYF:

Laas Vrydag het ek 'n e-pos gekry wat nie vir my bedoel was nie. Ek het dit wel gelees en wil die volgende onder u aandag bring.

Die e-pos het 'n werkspermit vir 'n Indiese persoon van Mumbai bevat. Hierdie persoon kom Namibië binne om as 'n boekhouer te kom werk in Swakopmund. Dit is goedgekeur deur ons ministerie van binnelandse sake.

Nou wil ek net weet, Namibië het tog genoeg boekhouers in die land. Sovêr my kennis strek, het binnelandse sake gesê dat buitelanders net goedgekeur word vir werk in Namibië as daar nie 'n persoon op eie bodem gevind kan word nie om die werk te doen.

Ook op 'n klein dorp in die Noorde van ons land kom onderwysers in, in hierdie geval met 'n toeristevisum vir drie maande, om skool te kom hou. Dit beteken drie onderwysers kom drie keer die land binne in 'n jaar om hier te kom werk.

Daar is al in die verlede genoem dat veral werkspermitte wat deur die ministerie goedgekeur word, ondersoek moet word. Veral in hierdie tyd waarin so baie mense hulle werk weens die coronapandemie verloor het.

Kommentaar

Republikein 2025-12-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer