Werklose veeartse ontmoet opposisie
Denver Kisting – ’n Groep afgestudeerde veeartse het vanoggend ’n vergadering met mnr. McHenry Venaani, die leier van die Popular Democratic Movement (PDM), by die parlement belê.
Dié groep onder leiding van dr. Martin Katumbe is die eerstes wat hul veeartsenykwalifikasies aan die Universiteit van Namibië (Unam) verwerf het.
Hulle het die PDM gevra om hulle te help om druk op die regering te plaas om hulle in diens te neem.
Die groep het verlede jaar hul studies voltooi en vroeër vanjaar vanweë die uitbreking van Covid-19 in absentia gegradueer.
Die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, het by navraag gesê die regering neem kennis van die pleidooie van veral jeugdiges wat werkloos is.
-[email protected]


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie