Werkloosheid bedreig land
Werkersunies meen Namibië het nie gister te veel redes gehad om op Werkersdag te vier nie.
Denver Kisting – Die sekretaris-generaal van die Nasionale Unie van Namibiese Werkers (NUNW), mnr. Job Muniaro, sê werkloosheid kan die land verlam.
Hy het die afgelope week by navraag gesê ’n land kan geen vooruitgang maak as al sy moontlike werkers nie in diens geneem word nie. “Die werkloosheid word ’n risiko vir die land.”
Volgens hom is die negatiewe impak van werkloosheid op die samelewing verreikend. “Werkloosheid plaas ’n reuselas op die samelewing.”
Hy sê die Grondwet, die land se oppergesag, bepaal mense behoort toegang te hê tot gesondheid, water, krag en kos.
Indien inwoners nie werk het nie, kan hulle nie in dié basiese behoeftes van hulself en hul geliefdes voorsien nie, sê hy.
Muniaro sê voorts werkloosheid het ’n beduidende uitwerking op gratis onderwys in die land.
Hoe meer mense werkloos is, hoe minder mense dra by tot die staatskas om onder meer inisiatiewe soos gratis onderwys te finansier, sê hy.
Gevolglik is daar druk op die hoeveelheid hulpbronne wat die regering aan skole kan voorsien, byvoorbeeld water en krag, en kos aan skoolkoshuise. “Dít is die gevolg van werkloosheid. Dit is baie ernstig.”
Daarom, sê Muniaro, moet die kwessie dringend aangespreek word. “Ons moet kyk hoe ons werk kan skep.”
NUNW is ’n Swapo-geaffilieerde sambreelvakbondliggaam. Dié vakbond het gister die amptelike Werkersdagvieringe in Katutura in die hoofstad aangebied.
Die vakbondleier sê die feit dat Namibië meer invoer as wat hy uitvoer, “is ’n probleem” wat ook ’n negatiewe impak op ekonomiese vooruitgang en die welstand van werkers het.
Die voortslepende droogte en “die skaarsheid van water” lei daartoe dat mense nie hul eie kos kan voorsien nie, sê hy.
Werkgewers kan nie verwag ’n honger werknemer sal produktief wees nie, maan hy.
In die algemeen vaar die land goed wat werkgewers se respek vir die arbeidswet betref, sê Muniaro. “Daar is egter hier en daar steeds maatskappye of individue wat die arbeidswet ondermyn,” sê hy.
Me. Dina Kahua, die hoofsekretaris van die Namibië Huis- en Verwante Werkersunie (Ndawu), het gisteroggend (Woensdag) in ’n spesiale uitsending op NBC gesê die lot van huiswerkers raak plek-plek al hoe erger.
Hoewel sommige werkgewers van dié weerlose mense hul huiswerkers meer as die voorgeskrewe maandelikse minimum loon van ongeveer N$1 500 betaal, is daar diegene wat dié loon verontagsaam, sê sy op Good Morning Namibia se Werkersdaguitsending.
Hiernaas verrig baie huiswerkers hul dagtaak in onsekerheid omdat die meeste van hulle nie oor ’n werkskontrak beskik nie, sê Kahua.
Eweneens kry baie huiswerkers nie maandeliks ’n betaalstrokie saam met hul salaris nie, sê sy. “Die werkgewers vra hoekom hulle dit nodig het. Dít terwyl hulle ook basiese verantwoordelikhede het soos ander mense.”
Kahua en lede van die vakbond het vroeër vanjaar ’n bewusmakinsveldtog van stapel gestuur oor die seksuele teistering wat sommige huiswerkers aan die hand van hul werkgewers ly.
Dié mishandeling word dikwels nie aangemeld nie omdat die huiswerkers bekommerd is hulle verloor hul werk.
Gevolglik het dié oortredings die potensiaal om handuit te ruk, sê sy.
Kahua het terselfdertyd ’n beroep om huiswerkers gedoen om nie by hul werkgewers te steel nie.
Sy moedig haar kollegas aan om eerder hul werkgewers om hulp te nader in plaas daarvan om hulle tot misdaad te wend.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie