Werkgewers gaan nog kopkrap oor dagga
Jacques Taljaard – Die feit dat ’n werknemer in die toekoms dagga by sy huis kan gebruik, gaan fyn voetwerk van werkgewers vereis.
Die konstitusionele hof in Johannesburg se uitspraak wat die private besit, kweek en gebruik van dagga onder bepaalde omstandighede toelaat, skep meer grys gebiede as wat voorsien is.
Regter Raymond Zondo se uitspraak het nie, in dié stadium, enige ander wetgewing verander nie.
Wetgewing wat betrekking het op beroepsveiligheid en gesondheid verbied steeds die gebruik van dwelmmiddels in die algemeen, hetsy aan diens of “in private ruimtes” soos nou deur die onlangse uitspraak gedefinieer.
Werkgewers se reëls vir die werkplek is nie deur die konstitusionele hof se uitspraak gewysig nie.
Die probleem is dat die gebruik van dagga op lang termyn ’n uitwerking op die gebruiker het.
Statistieke dui daarop dat tot soveel as een uit elke tien Suid-Afrikaners met een of ander vorm van verslawing sukkel. Alkohol en dagga is die grootste hiervan.
In die algemeen ervaar werkgewers baie probleme met die gebruik, of misbruik, van alkohol, medikasie wat oor die toonbank gekoop word, en dagga in die werkplek.
Werkers wat opdaag by die werk en steeds die nagevolge ervaar van die vorige dag se oormatige gebruik van alkohol of dwelms, is algemene verskynsels.
Net so kom dit gereeld voor dat werkers aan diens alkohol gebruik en dagga rook.
Die gebruik van dagga kan ’n werknemer tydelik medies ongeskik maak vir sekere take.
Werkgewers pas verskillende maatreëls toe om dié verskynsel te voorkom.
Tugoptrede kom algemeen voor en dit lei in sekere gevalle tot ernstige gevolge vir werknemers.
Die groot probleem is dat die gebruikers van dagga nou as verweer kan opper dat die private gebruik van dagga nou wettig is.
Werkgewers kan dus met die toepassing van die reëls vir die werkplek met ’n “nuwe” verweer gekonfronteer word dat die dagga privaat gebruik is.
Daar kan verwag word dat vakbonde ter verdediging van werknemers gaan aanvoer dat die werkgewer se reëls nou, by implikasie, onbillik is.
Die Kode vir Goeie Praktyk van die Wet op Arbeidsverhoudinge bepaal dat werkgewers moet kan bewys dat werkers bewus is van die reëls.
Ten einde te voorkom dat werkgewers in arbeidsdispute betrokke raak, sal dit die beste praktyk wees om die reëls oor die gebruik en nagevolge van dagga aan die personeel van ’n onderneming te beklemtoon.
Die hof se uitspraak kring baie verder uit as net die wettiging van die gebruik van dagga in “private ruimtes”.
Die impak wat dit op die toepassing van die strafreg gaan hê, is reeds wyd bespreek.
Daar gaan ook ’n uitwerking op die arbeidsregbedeling wees wat met verloop van tyd gaan ontvou.
Die volgende 24 maande, waartydens die parlement die verandering van wetgewing moet oorweeg, gaan die wysheid van Salomo verg.
• Jacques Taljaard is ’n arbeidsregkonsultant van Marenique Personnel Services. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie