Werkers vas vir 'veediefstal'
Sowat 10 slagplekke is op twee buurplase buite Rehoboth ontdek.
Cobie Bok - Danksy 'n oplettende beeswagter en bekwame polisie is vyf veediefstalverdagtes verlede week op 'n plaas buite Rehoboth vasgetrek.
Die beeswagter, mnr. David Boois, werk op 'n plaas sowat 20 km buite Rehoboth en het verlede Dinsdagoggend saam met sy honde die plaas se beeste bymekaar gekry toe hy ontdek drie is weg.
Boois het onmiddellik begin ondersoek instel en spoorgesny op soek na die vermiste vee.
Teen Vrydagoggend het hy spore ontdek wat na die buurplaas lei.
'n Draad na die buurplaas was los en dit het gelyk of die beeste daardeur gejaag is.
Boois het verder spoorgesny en ontdek twee van die beeste het moontlik teruggespring.
Die derde spoor het hom egter direk na die buurman se kraal gelei.
Uit dié spore het dit duidelik geblyk die spesifieke dier is aangejaag.
Hy kon egter niemand op die buurplaas vind om hulle hiervan in kennis te stel nie.
Hierna het Boois 'n vars slagplek in die veld onder 'n boom ontdek.
Ná hy sy honde weggejaag het, het hy sy plaasbestuurder, mnr. Gano Ockhuizen, gebel.
“Sy woorde was: 'Ek dink ons een bees is op Buurman se plaas geslag',” het Ockhuizen gesê.
Hy het sy buurman onmiddellik hiervan in kennis gestel en 'n klag by die Rehoboth-polisiekantoor gaan lê.
Later is ontdek die buurplaas se vee is glo ook geplunder.
Die polisie het ondersoek ingestel en vyf verdagtes vasgetrek - na bewering plaaswerkers van die buurplaas.
Die beskuldigdes het sowat 10 slagplekke uitgewys.
Al die vermiste vee is nog nie teruggevind nie.
Die polisieondersoek duur voort.
Ockhuizen het die Rehoboth-polisiekantoor vir hul vinnige reaksie bedank.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie