Werkers toyi-toyi daagliks oor geld
Grootfontein se munisipale werkers is ongelukkig oor vergoeding wat die dorpsraad glo aan hulle verskuldig is.
Augetto Graig - Sedert 29 Januarie betoog dorpsraadswerkers daagliks teen middagete voor Grootfontein se munisipale kantore.
Volgens mnr. Luke Salomo, munisipale woordvoerder, gaan die oproer oor vyf jaar se bonusbetalings aan die werkers wat glo uitstaande is.
“Elke middag tussen een en twee toyi-toyi hulle daar voor die gebou,” het hy gesê.
’n Anonieme werker sê bonusse vir volgehoue dienslewering is reeds die afgelope drie jaar nie betaal “soos volgens die kontrakte” nie.
Werkers kla ook oor vergoedingskuld vir die 2016-’17-boekjaar, en oortydbetalings wat glo in Maart verlede jaar laas gedoen is.
Ondanks die beleid wat oortydwerk verbied, bestaan verskeie kwessies wat dringende aandag verg, sê die werker.
“Die uitvoerende hoof teken selfs vir die werk, maar wanneer dit by finansies kom, besluit hy daar word nie daarvoor betaal nie,” sê hy.
Salomo het verwys na ’n ministeriële omsendbrief wat uitgereik is deur die destydse ministerie van streeks- en plaaslike owerhede.
In 2009 is opdrag gegee dat die vyfjaar- bonusplan en enige ander gratis dienste wat munisipale werkers toe geniet het, tot ’n einde kom.
Salomo het ook verwys na ’n besluit wat in 2005 geneem is en het aangedring daarop dat dié praktyk moet ophou.
Die minister het glo destyds geskryf: “Dit geld effektiewelik van 1 Julie 2009 af. Dit beteken geen werknemer mag dae ophoop of enige gratis munisipale dienste ontvang ná dié datum nie.”
Werkers verwys egter na ’n ou dokument met regsadvies wat hulle al in 2005 van advokaat Gerson Hinda ontvang het.
In die skrywe is paragraaf 6 van die oorspronklike opdrag aangehaal, wat lees dat indien die ministerie veroorsaak dat werknemers se werksomstandighede versleg in die uitvoering van die opdrag, die munisipaliteit die werkskontrak moet eer tot ’n plaasvervanger gevind is. Die plaasvervanger se kontrak sal dan nie die betrokke voordele insluit nie.
Hinda se advies was toe dat die dorpsraad aan die werkskontrakte voldoen.
Intussen het die ongelukkige werkers ’n klagskrif met 59 name opgestel en onder die raad se aandag gebring.
Op 4 Oktober verlede jaar het werkers ’n skrywe aan die dorp se uitvoerende hoof, alle raadslede, die arbeidskommissaris en verskeie vakbonde gerig.
Hierin is nege klagtes vervat, wat kwessies insluit soos pensioenfondsbydraes, beskermende klere en jaarlikse verhogings wat nie toegepas is nie.
Toe die raad op 23 Januarie vir die eerste keer vanjaar vergader, het die werkers verwag hul klagtes sou aandag geniet.
Slegs die kwessie van beskermende klere is aangespreek. Die klagtes is op 24 Januarie ’n tweede keer aan die dorpsraad en bestuur voorgelê.
Op 26 Januarie het die Namibiese polisiekantoor op Grootfontein se stasiebevelvoerder goedkeuring vir die vreedsame protes gegee.
Die werkers is vasbeslote om met hul daaglikse betoging voort te gaan tot aan hul eise gehoor gegee word.
Salomo sê die raad sal vergader en oor die saak besluit.
Intussen het die dorp se uitvoerende hoof, mnr. Charles Kariko, aan Republikein bevestig die raad sal weer Woensdag 14 Februarie vergader en oor die pad vorentoe besluit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie