Werke ontken verkoop van woonstelle
Die ministerie van werke en vervoer erken regeringsbehuising is in 'n toestand en sy bestuur daarvan swak.
Catherine Sasman
Die ministerie van werke en vervoer sê hy het nie regeringswoonstelle verkoop soos beweer word nie, aangesien hy nie die mandaat het om dit te doen nie.
Volgens 'n SMS deur 'n lid van die publiek wat vroeër dié maand in die media verskyn het, is die ministerie besig om al die woonstelle onder sy bestuur aan private maatskappye te verkoop.
Die ministerie ontken hierdie bewering en sê hy vra slegs voorleggings aan van “ervare en professionele maatskappye” in die eiendomsbestuurmark ten einde 'n opname te maak van die stand van regeringsbehuising en om 'n raamwerk te ontwikkel vir hoe die onderhoud en bestuur van hierdie woonstelle landswyd uitgekontrakteer kan word.
Die eiendomsbestuurmaatskappye is gevra om die toestand waarin die behuising is, te bepaal en om 'n volledige databasis op te stel, riglyne te ontwikkel en voorstelle te maak oor hoe die uitkontraktering aangepak moet word.
Hulle moet ook voorstelle maak oor vennootskappe tussen die private sektor en die staat vir die instandhouding van hierdie woonstelle en tendervoorskrifte vir die uitkontraktering opstel.
Die kabinet het reeds so lank terug as 2010 besluit die verhuring van regeringswoonstelle moet uitgekontrakteer word, maar dit is nooit geïmplementeer nie.
woonstelle in swak toestand
Baie van hierdie woonstelle en regeringshuise waarin staatsdienswerkers en hul gesinne woon, val uitmekaar en word nie in stand gehou en opgeknap nie.
Die ministerie het Woensdag in 'n verklaring gesê hy gee toe sy huurders “dra nie by” tot die operasionele en instandhoudingskoste nie en betaal net 'n minimale persentasie van hul bruto maandelikse inkomste as huur.
Vir 'n eenman- en eenslaapkamerwoonstel betaal staatsdienswerkers 'n skrale 4% van hul maandelikse salaris.
Die koste van twee- en drieslaapkamerwoonstelle en -huise beloop 6% en vir woonstelle en huise groter as dit is die huurprys maar slegs 8%.
Ondanks dié lae huur betaal baie van die huurders selfs nie die voorgeskrewe persentasie nie, of betaal glad nie hul huur nie.
Boonop bewoon onwettige plakkers hierdie staatseiendomme, en inwoners onderverhuur dit onwettig aan derde partye of bedryf selfs besighede vanuit die woonstelle.
'n Ander groot kopseer is die onwettige bedrywighede wat by van hierdie woonstelle en huise plaasvind.
Verder erken die ministerie hy is agterstallig met die betaling van sy munisipale rekeninge aan Windhoek se munisipaliteit en ander plaaslike owerhede in die land.
In gevalle waar hierdie woonstelle of huise met water- en/of elektrisiteitsmeters toegerus is, betaal die huurders self vir hierdie dienste.
Die meeste van die regering se woonstelkomplekse het egter net een grootmaatmeter en die ministerie moet daarom alleen vir die water en elektrisiteit, asook vir die ander munisipale heffings en belastings pa staan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie