Werk begin vir o.19-groep
Rugby
'n Groep jong rugbyspelers is by die onlangse o.19-proewe geïdentifiseer met die oog op Namibië se moontlike terugkeer na die Suid-Afrikaanse provinsiale onder 19-week.
Die toernooi word van 3 tot 6 Julie op Potchefstroom gespeel.
Die groeplede wat hulle in Namibië bevind, word versoek om môre om 14:00 by die Namibiese Rugby-akademie by die Hage Geingob-stadion aan te meld.
Onder leiding van die krag- en kondisioneringsafrigter Sergio de la Harpe sal die spelers by die fiksheidsprogram begin inskakel met die oog op hul komende toer.
Sommige groeplede is in die regte ouderdomsgleuf om ook vir die nasionale o.20-span in aanmerking te kom. Namibië sal einde Augustus weer aan die Wêreldrugby Onder 20 Trofee-toernooi in Uruguay gaan deelneem.
Beide die o.19- en o.20-spanne word afgerig deur Roger Thompson, wat tans juis in Uruguay as verdedigingsafrigter van die Namibiese toetsspan op toer is.
Die spelers wat môre moet aanmeld:
Stutte: Patrick Schickerling, Andries Jacobs, Adriaan Vermeulen.
Hakers: Zandre Viviers, Gerhard Thirion.
Slotte: Dylan Farmer, Damian Engelbrecht, Jandre Robberts, Armand von Wielligh.
Losvoorspelers: Wynand Breytenbach, Ruan Schreiber, Oderich Mouton.
Skrumskakels: Cameron Stevens.
Losskakels: Ethan Mouton, Casey Beukes.
Senters: Chrischen Olivier, Handeon Morkel, Wyatt Brooks.
Vleuels: Luke Jansen, Gerwino Benade, Ryan Coetzee, Nico Maartens, Warren Ludwig.
Heelagters: Donovan Lebereki, Gianni Platt, Rudi Pretorius.
Vir die o.19-groep kan spelers buite die landsgrense ook in aanmerking kom, mits hulle deur nie kontraktuele of studieverpligtinge verhinder word nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie