Wenskole by Hennie de Waal-fees bekroon
Skolesport
Die HTS Hennie de Waal Sportfees, geborg deur Bank Windhoek, is laas naweek afgehandel.
Onder 15- en o.19-spanne van 18 skole in Namibië en een uit Zimbabwe het in netbal, sokker en rugby meegeding.
Op die rugbyveld, waar wedstryde heelwat korter as die gebruiklike speeltyd is, het Windhoek Gimnasium met beide die o.15- en o.19-trofeë weggestap.
Die Hoërskool Rocky Crest was die o.19-sokkerkampioen, terwyl die Sekondêre Skool Jan Möhr baas van die o.15-sokkertoernooi was.
Vanweë swaar reën Saterdag kon die netbal se finale nie plaasvind nie en sal eers in die volgende skooltermyn afgehandel word.
By die o.19's het WHS I en WHS II die eindstryd gehaal, terwyl die o.15-titel tussen Jan Möhr en Windhoek Gimnasium beslis moet word.
Claus Schmidt, die hooforganiseerder, sê: “Die toernooi was 'n groot sukses en ons was bevoorreg om 18 skole te kon sien meeding. Ondanks die reën is al die ander sportkodes, behalwe die netbal, afgehandel.
“Die personeel en bestuur van HTS wens al die deelnemende spanne geluk met hul goeie vertonings. Ons is ook dankbaar teenoor Bank Windhoek, ons hoofborg wat die byeenkoms moontlik gemaak het.”
Die jaarlikse sportfees in sy 22ste bestaansjaar is na 'n voormalige onderwyser by die Hoër Tegniese Skool vernoem. Die mikpunte is tweeledig, naamlik om by Namibië se onafhanklikheidsvieringe aan te sluit en ook 'n platform vir skoolgaande sportlui se vordering in netbal, rugby en sokker te bied.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie