Wenners oor 70 km waardige kampioene
Bergfietsry
'n Harde resies tussen die bekende ysters aan die voorpunt is weer 'n opwindende gegewe in die naweek se Nedbank nasionale marathonkampioenskap vir bergfietsryers.
Die byeenkoms wat ook as die Nedbank Cycle Challenge se bergfietsrit bekend staan, bied afstande van 20 km, 30 km en 70 km aan.
Die kollig bly egter op die hoofitem van 70 km, waarin die nasionale truie vir 2019 in die kategorieë van elite, junior en o.23 mans en vroue die groot lokaas is.
Die resies begin Sondag om 07:00 by die Waldorf-skool in Avis.
Verlede jaar het Tristan de Lange met die manstitel weggestap voor Xavier Papo en Martin Freyer, maar die junior Afrika-kampioen Alex Miller sal ná sy onlangse verrassende sege as nuwe nasionale titelhouer op die padfiets ook moeilik geklop word.
By die vroue is Michelle Vorster opgewonde oor die vooruitsig om soos in 2018 weer boaan die 70 km podium te staan.
Vorster sê sy sien uit na die nuwe roete wat tegnies en uitdagend is. “Die baan is waardig vir 'n nasionale kampioenskap en die wenner sal verdien om nasionale kampioen te wees.”
Vorster sê sy sal nooit haar eerste Nedbank-resies vergeet nie, omdat dit 'n positiewe baken in haar loopbaan was. “Vir my is hierdie resies soos om vir die wêreldkampioenskap voor te berei.”
Registrasie word môre van 10:00 tot 13:00 by die Waldorf-skool gedoen. Môre om 10:00 by Waldorf-skool is ook die Kids Challenge, oop vir kinders vanaf drie tot 13 jaar, aangebied deur Cycletec Adventures Namibia.
Medeborge van die Nedbank Cycle Challenge sluit in Namibia Health Plan (NHP) en Coca-Cola, asook vennote soos Rock n Rut bergfietsklub, Windhoek Peddle Power en PayToday.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie